In die strewe om die grondoorsake van misdaad uit te roei, het die waarnemende distrikskommissaris van ZF Mgcawu, brigadier Monica Sebili gereageer op inligting wat ontvang is oor onwettige mynbou en dwelmaktiwiteite wat in Postmasburg plaasvind en die Vala Umgodi-span gemobiliseer.
Sersant Molefi Shemane, polisiewoordvoerder het bevestig dat Operasie Vala Umgodi operasionele bevelvoerder in Frances Baard, luitenant-kolonel Boitumelo Seleke het ‘n span saamgestel en die intelligensie-gedrewe inligting op Saterda, 06 April 2024 geoperasionaliseer.
“Die lede het dwelmhuise en -persele deursoek en beslag gelê op dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van R 17 000.00, vermoedelik diamantdraende gruis en ‘n aansienlike bedrag geld wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is,” het Shemane gesê.
Die span het twee Suid-Afrikaanse manlike verdagtes, onderskeidelik 30 en 35 jaar oud, in hegtenis geneem vir die handel in dwelms en twee Nigeriese manlike verdagtes, ouderdomme 39 en 45 jaar oud vir die besit van dwelms.
Die verdagtes sal na verwagting Maandag, 08 April 2024 in die Postmasburg-landdroshof verskyn op die genoemde aanklagtes.
“Die waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Luntu Ngubelanga het die lede geprys vir hul meedoënlose pogings om dwelms van die strate af te verwyder en waardeer die ondersteuning en bystand van die gemeenskapstrukture om die polisie van belangrike inligting te voorsien wat tot positiewe suksesse gelei het.”






