Met meer stewels op die grond, gaan Operasie Vala Umgodi voort om die gesag in Namakwa-distrik af te druk.
In Kleinzee is Maandag (18/03/2024), agt ongedokumenteerde persone tussen die ouderdomme van 23 en 51 jaar oud gearresteer en boetes ter waarde van R 3 000.00 vir padverkeersoortredings uitgereik.
Daar is beslag gelê op mynimplemente wat vermoedelik gebruik word in die kommissie van onwettige mynbou.
Lede het op Dinsdag (19/03/2024), vier verdagtes tussen die ouderdomme van 21 en 45 jaar oud vir onwettige mynbou in Kleinzee gearresteer en beslag gelê op ‘n speelgoedgeweer.
“’n 38-jarige verdagte is gearresteer vir die handel in drank sonder ’n lisensie en daar is beslag gelê op kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is,” het ‘n polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane gesê.


