Woensdag (10/04/’24), het lede van Operasie Vala Umgodi in Kleinzee Voertuig kontrole punte (VCP) uitgevoer om Padverkeersregulasies toe te pas, asook patrollies om die opsporing van verdagtes wat onwettige mynaktiwiteite uitvoer, aan te spreek.
‘n Intelligensie-gedrewe operasie op soek na onwettige mynbedrywighede in Steinkopf het die inhegtenisneming van drie Suid-Afrikaanse verdagtes tussen die ouderdomme van 29 tot 35 jaar oud verseker.
Daar was ook beslaglegging op gereedskap en sakke wat moontlik diamantdraende gruis bevat, op gelê.
“Tien Onwettige mynwerkers is gearresteer en gereedskap, mynimplemente en moontlike diamantdraende gruis is in hul besit gevind en daarna gekonfiskeer tydens die ontwrigtende operasie wat op Woensdag, by die Bontekooi-nedersetting plaasgevind het” het Sersant Molefi Shemane, Noord- Kaapse polisiewoordvoerder gesê.
Die gearresteerde verdagtes sluit in vyf Zimbabwiese burgers tussen die ouderdomme van 26 en 50 jaar oud, vier Lesotho-burgers tussen die ouderdomme van 33 en 38 jaar oud, en een 26-jarige Malawiese burger.
Op Dinsdag, (09/04/’24) het lede van die Operasie Vala Umgodi-span in Kimberley beslag gelê op verskeie myntoerusting en -gereedskap wat agt handradio’s en ‘n brekermasjien met ‘n geraamde waarde van R120 000 insluit.









