Opkomende boere in die rosyntjiebedryf word ondersteun deur die Kgodiso Ontwikkelingsfondse

 Opkomende boere in die rosyntjiebedryf word ondersteun deur die Kgodiso Ontwikkelingsfondse

Die Kgodiso-fonds is deel van PepsiCo Sub-Sahara-Afrika (PepsiCo SSA) en is aan die regering gebied vir die verkryging van Pioneer Foods.

‘n R12 miljoen word as eerste belegging aan die Noord-Kaap gegee, in vennootskap met Raisins SA, om ‘n Wingerd-akademie en Modelplaas in Kakamas te vestig .

Opkomende boere en plaaswerkers sal prakties asook klaskamer gebaseerde opleiding by die akademie ontvang, terwyl die modelplaas die sentrum sal wees vir navorsing en ontwikkeling oor die beste praktyk vir rosyntjieboerdery en -produksie in Suid-Afrika (SA).

Die tweede projek is ‘n belegging van R16 miljoen om drie opkomende swart boere te finansier met lenings om hul rosyntjieproduksie uit te brei asook om ondersteuning te bied aan die tegniese vaardighede en finansiële insig vir die groei en ontwikkeling van die wingerde.

“Die Kgodiso Ontwikkelingsfonds het spesifiek die mandaat om te kyk na die skep van ‘gedeelde waarde’-oplossings wat uiteindelik help om ‘n volhoubare voedselstelsel te bou, deur inklusiwiteit in die landbou te verhoog, plaaslike werksgeleenthede te skep, en plaaslike verkryging en verskaffers diversiteit te verhoog,” verduidelik uitvoerende direkteur van die fonds, Diale Tilo.

Suid-Afrika is tans die vyfde grootste produsent van rosyne wêreldwyd, en aangesien druiweproduksie uiters arbeidsintensief is, is die potensiaal vir werksgeleenthede geweldig.

Courtney Saal

Related post