Opvolg: Waar sal Baba-Novah se hulp vandaan kom??

 Opvolg: Waar sal Baba-Novah se hulp vandaan kom??

Foto: Verskaf @Clement de Wet, baba-Nova se dddie

Op Vrydag 3 Junie het Baba Nova 1 Jaar oud geword.

Clement de Wet, Nova se pa het met Radio Nfm gesels oor die gesondhied van baba-Nova.

Nova is vroeg in die jaar gediagnoseer met ‘n spinale maskulêre atrofie tipe een.

Dit is basies ‘n spiersiekte het De Wet aan Radio Nfm Nuus vertel.

Nova se eerste verjaardag kon nie met ‘n partytjie gevier word om rede sy in die hospitaal opgeneem was vir ‘n operasie.

Haar operasie was ‘n sukses en sy is op die herstelpad en op haar verjaardag het sy vele seënwense ontvang.

“Wat my trane laat loop het, was waar juffrou Lydia van Aggeneys Laerskool en haar graad een klas vir Nova op so ‘n spesiale manier geluk gewens het. Hulle het vir haar gesing en het +/- R13 000 vir die dag ingesamel, wat ‘n baie mooi gebaar van hulle was,” het de Wet gesê.

De Wet noem dat die operasie ‘n moeilike besluit was en die dokters was ongelukkig net op Nova se eerste verjaardag beskikbaar, maar hy glo dat selfs ‘n onvergeetlike dag gewees het.

Hy hoop dat dit die laaste operasie wat sy moes kry.

Dit was iets groots wat gebeur het om die pad vir hulle te vergemaklik.

Die operasie wat hulle gedoen het, in plaas van die voedingsbuis, waar die pypie uit die maag deur die vel buitekant toe kom, het vir haar ‘n miekie ingesit. 

“Die miekie is dat die maag word aan die vel aangewerk en dan is daar net so ‘n buisietjie wat op die maag vas gemaak word. Dit is amper soos ‘n valvetjie, dit is baie nice, waardeur sy addisionele kos kan kry,” het De Wet bygevoeg.

Haar sluk is nog baie goed, waarvan die dokters ‘n barium sluk gedoen het en die dokters is baie gelukkig met haar asemhaling.

Die rede waarom die operasie gedoen was is om voorsorg te tref om nie vir Nova bloot te stel om verkeerd te sluk nie, om te verhoed dat haar kos na haar longe sal gaan.

Sy kan nogsteeds geborsvoed word en kos deur haar mond inkry, maar omdat sy nou groter raak wil haar ouers haar meer voedingstowwe ingee  wat die buis mee sal help en baie veilig is.

Die operasie was ‘n sukses en het +/- 45 geduur, waarvan die narkose haar nie so lekker laat voel het nie en sy was baie ook huilerig.

Die dag is agter die rug en wat hulle gedra het was die hordes boodskappies wat hulle ontvang het, wat hulle opgebeur het tydens die dag.

Die dokters was baie nice met haar gewees en het haar gedurig geluk gewens en seker gemaak dat sy gemaklik was.

Tydens die gesprek wat Radio Nfm Nuus met De Wet gevoer het was hulle nog in die hospitaal en hulle wens dat hulle haar net by die huis kon kry.

Hul woning is op Aggeneys en hulle glo dit is baba Nova se veilige omgewing. 

Bernadine Hearn

Related post