Pensoenarisse gaan gebukkend onder die “klien wit floppie bende”

 Pensoenarisse gaan gebukkend onder die “klien wit floppie bende”

Foto: Verskaf – Facebook

Hoe lank moet inwoners nog swaarkry onder die geweld wat tans aan die gang is, wat deur kinders in die onderskeie gemeenskappe in die Namakwa-distrikte plaasvind?

‘n Pensoenaris van ‘n plaaslike dorpie was onlangs ‘n slagoffer van die sogenaamde “klein wit floppie bende” in Okiep, nadat haar skuifdeur met ‘n kettie uit geskiet was.

Hierdie “bende” se ouderdomsgroep wissel tussen10 en 13 jaar oud.

Die onmiddelike vraag volg dus: “Wie is nou verantwoordelik vir die herstel van die stukkende deur?”

‘n Pensoenaris wat waarskynlik die inkomste van R1950 van die staat ontvang?

‘n Inkomste wat net die nodige behoeftes dek.

Senior burgers leef in vrees die afgelope paar maande, met die bekommernis daarby wanneer gaan die ander burgers se eiendom nie ook beskadig word nie en hulle selfs besteel of aangerand word?

Op Maandag, 18 Julie is dit die ontslape ikoon Nelson Rohlihlahla Mandela se verjaardag – wat ook bekend staan as Mandela dag.

Deur alles wat Nelson deur gemaak het hy nogsteeds nie gehuiwer om ‘n verandering in die land te laat of wil teweegbring.

In hierdie land kan daar ‘n verandering plaasvind al is daar ook drastiese stappe wat inplek gesit moet word.

Deur dit moet daar regtig aandag gegee word om hierdie jong seuntjies op die regte pad te kry en sodoende die veiligheid van die senior burgers in plek te sit.

Hulle as jeugdiges is die toekoms van more en die senior burgers het soveel wysheid om na te laat.

Sunè Cloete

Related post