Verdagte skuldig bevind vir die besit van ‘n onwettige ietermagog

 Verdagte skuldig bevind vir die besit van ‘n onwettige ietermagog

https://www.aa.com.tr/en/africa/regional-human-rights-courts-sign-cooperation-pact/1630240

Jerome Ignatius Joseph (49) is Dinsdag, 12 Julie 2022 deur die Upington-landdroshof skuldig bevind en gevonnis vir die onwettige besit van bedreigde spesies ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuur Biodiversiteitswet 10 van 2004.

“Joseph is in Oktober 2020 in hegtenis geneem toe die Upington-gebaseerde Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoekeenheid  inligting ontvang het oor ‘n ietermagog wat by ‘n plot in Rietfontein versteek is. Lede het vinnig op die inligting gereageer en die ietermagog gevind wat in ‘n bagasiebak van ‘n voertuig versteek was,” het Valke woordvoerder Kaptein Tebogo Thebe gesê.

Die beskuldigde het skuldig gepleit en is gevonnis tot die betaling van ‘n boete van R70 000 of vyf (5) jaar gevangenisstraf, verder is hy gevonnis tot drie (3) jaar gevangenisstraf wat geheel en al opgeskort is vir vyf (5) jaar met voorwaardes.

Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Bernadine Hearn

Related post