Persverklaring: Nama Khoi Speaker reik uit na gemeenskap

 Persverklaring: Nama Khoi Speaker reik uit na gemeenskap

Foto: Verskaf @Links: Speaker van die Nama Khoi Munisipaliteit, Rodney Kritzinger. Regs: Beatrice Bates, ’n plaaslike gemeenskapsontwikkelingswerker

Die Speaker van die Nama Khoi Munisipaliteit, Rodney Kritzinger het verlede week uitgereik na inwoners van die Carolusberg-gemeenskap en hulle verras met verskeie hulpmiddels.

Die peuters en kleuters van die Harlekyntjie Dagsorg het speelgoed, boeke en voedselvoorraad ontvang.

Die Van der Stel Sokkerklub het ’n finasiële bydrae ontvang tot die bevordering van hul sport-aktiwiteite.

Beatrice Bates, ’n plaaslike gemeenskapsontwikkelingswerker het weggooidoeke namens begunstigdes op die dorp ontvang.

Raadslid Kritzinger sê met die huidige ekonomiese klimaat sukkel organisasies geweldig baie om kop bo water te hou, veral as hulle gemeenskappe moet bedien waar werkloosheid baie hoog is.

“Alhoewel ons strewe na ekonomiese ontwikkeling, moet daar steeds na korttermyn-oplossings gekyk word om onmiddellike behoeftes aan te spreek. Die Harlekyntjie Dagsorg bedien ’n arm gemeenskap en soms moet hulle dienste lewer onder die moeilikste omstandighede.”

Kritzinger het verder ’n beroep gedoen op die publiek wat bydraes wil maak in kosvoorraad, om kontak met sy kantoor te maak.

Bernadine Hearn

Related post