Die Pink Drive veldtog het Maandagoggend, 28 Augustus 2023 by die Matjieskloof Kliniek afgeskop, waar gesondheidswerkers die gemeenskap gedien het met verskillende siftings en toetse vir kanker.
Die veldtog vind jaarliks plaas en die Namakwa-uitreiking word alreeds vir die afgelope agt jaar geborg deur Vedanta Zinc International (VZI).
Die siftings sluit in mammogramme, papsmere, servikale- en testikulêre- asook prostaat- en longkanker-siftings, wat gratis vir gemeenskappe aangebied word.
Die adjunkminister vir die nasionale departement van gesondheid, Dr. Sibongiseni Maxwell Dhlomo het gemeenskapslede uitgenooi om van die dienste gebruik te maak, om ten einde die las op die plaaslike Gesondheidsdepartement te verlig.
Hy het in dieselfde sin sy dankbaarheid uitgespreek teenoor die private sektor, spesifiek VZI, vir die belegging tot ‘n wêreldklas onkologie eenheid in Springbok.
Daar word beweer dat die eenheid teen volgende jaar April maand sy deure gaan open.
Tydens die ronde tafel gesprek wat plaasgevind het by Undulata Lodge, het die rolspelers weereens hulself daartoe verbind tot toegewyde gesondheidsorgdienste.
Die mynreus Vedanta belê jaarliks miljoene rande om te verseker dat alle gemeenskapslede bereik kan word, deur middel van hierdie dienste.
Die Pink Drive-veldtog het Komaggas op Dinsdag, 29 Augustus besoek, en was gister in Nabebeep.
Die PinkDrive-veldtog sluit môre af in die Khai Ma plaaslike munisipaliteit, Pofadder kliniek en besoek vandag Pella kliniek.


