Die Operasie Vala Umgodi multi-dissiplinêre span, in samewerking met die departement van bosbou, visserye en die omgewing (DFFE), het twee mans in Hondeklipbaai aangekeer vir die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne.

Volgens Sersant Timothy Sam, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het hulle met die span se aankoms by die aangewese plek op 13 Junie die verdagtes se wit Toyota Hilux opgemerk en hulle het versoek om ‘n inspeksie met DFFE-beamptes te doen.

Tydens die soektog het die span 150 snoeke in die voertuig ontdek, waarvoor die verdagtes nie geldige permitte kon toon nie.

Daar is ook beslag gelê op ‘n bedrag geld wat vermoedelik met kriminele aktiwiteite verbind word.

Twee mans, onderskeidelik 18 en 28 jaar oud, is aangehou vir die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne en sal in die nabye toekoms ‘n hofverskyning maak.

Daar is ook bevind dat die bestuurder van die bakkie die voertuig sonder ‘n geldige rybewys bestuur het en is daarna beboet.

Die voertuig, wat glo gebruik is om ‘n misdaad te pleeg, is deur wetstoepassers op beslag gelê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *