Polisiekoor trek verdagtes vas

 Polisiekoor trek verdagtes vas

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Lede van die Noord-Kaap Provinsiale SAPD-koor (PolMusca) het beslag gelê op twee vermoedelik gesteelde selfone wat daartoe gelei het dat die verdagte aangekeer is.

Op Saterdag, 11 Junie 2022 het die verdagte lede van die Noord-Kaapse Polmusca-koor genader terwyl hulle misdaadvoorkomingspligte in die Kuruman Mall uitgevoer het in ‘n poging om selfone aan hulle te verkoop.

“Die verdagte het onwetend polisiebeamptes genader aan wie hy die selfone wou verkoop. Die lede het die verdagte aangekeer en het daarna versuim om outentieke eienaarskap van die selfone te lewer,” het die woordvoerder vir die polisie Kaptein Olebogeng Tawana gesê.

Die verdagte is gearresteer en hy sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die ondersoek duur voort.

Bernadine Hearn

Related post