Operasie Phakisa uitgevoer op die kusgebiede van die Namakwa-streek

 Operasie Phakisa uitgevoer op die kusgebiede van die Namakwa-streek

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die multidissiplinêre inisiatief genaamd Operasie Phakisa wat die potensiaal van Suid-Afrika se oseane ontsluit, is in Port Nolloth, Kleinsee, Vioolsdrift, Groenrivier, Alexanderbaai en ander kusgebiede in die Namakwa-streek uitgevoer.

Onwettige en ongereguleerde oesaktiwiteite en mariene-hulpbronne, insluitende infrastruktuur wat aansienlike ekonomiese verliese, werksverliese en impak op voedselsekerheid tot gevolg het, is aangespreek en gepolisieer.

“Gesamentlike operasies met eksterne wetstoepassingsagentskappe en -departemente is vanaf 8 Junie tot 11 Junie 2022 uitgevoer om gesamentlik optimale doeltreffendheid te toon om alle vorme van misdaad op see en op land aan te spreek,”het polisiewoordvoerder Kolonel Mashay Gamieldien gesê.

Die operasies is uitgevoer onder die oorhoofse bevel van die Waarnemende Adjunk-Provinsiale Kommissaris vir Polisiëring, Brigadier Hennie van Rensburg en het verskeie SAPD-eenhede en -komponente ingesluit, asook lede van die Departement van Omgewing, Bosbou en Visserye, die Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Inspektoraat, Doeane DDU en SANPARKE.

Gamieldien het gesê dat die Noord-Kaapse SAPD lugmag, bygestaan deur die Vrystaatse lugmag, het lugpatrollies uitgevoer ter ondersteuning van grondmagte.

Operasie Phakisa het spesifiek gefokus op die verbetering en gekoördineerde nakoming en afdwinging van die beveiliging van die Suid-Afrikaanse water- en kusomgewing deur ‘n geïntegreerde multi-dimensionele benadering om te verseker dat die omgewing bevorderlik is vir die ontwikkeling van die see en ekonomiese veiligheid van die maritieme sones.

Die fokusareas wat tydens hierdie operasie aangespreek is, het onwettige aktiwiteite met betrekking tot mariene verwante misdade en onwettige mynbou ingesluit.

Aksies en aktiwiteite uitgevoer tydens die aanvang van die operasie op 09 Junie 2022 en afgehandel op 11 Junie 2022 sluit in:

Stop en deursoekings, voertuigkontrolepunte, see- en strandpatrollies;

Voldoeningsinspeksies aan plaaslike besighede en myne;

See- en lugpatrollies is deur die SAPD Porter and Chopper uitgevoer;

Nakomingsinspeksies aan akwakultuurplase wat op onwettige oes en ontspanningsvisvang fokus;

Dwelm- en ander kommoditeitsmokkelary en reptielsmokkelary en nakomingsbesoeke aan die hawe, hawens en dokbaaie.

Vyf (5) voertuigkontrolepunte is uitgevoer op die Port Nolloth/Alexanderbaaipad en tussen Port Nolloth/Kleinzeepad waartydens voertuie en persone voorgekeer en deursoek is.

4 Mans is gearresteer vir handel in dwelms wat die beslaglegging op TIK- en Mandrax-tablette met ‘n geraamde straatwaarde van R13 065-00 ingesluit het, 7 ongedokumenteerde manlike buitelandse burgers is aangehou, 1 man is gearresteer vir die besit van vermoedelik ongeslypte diamant, 1 boete was uitgereik vir die besit van mossels.

’n Vragmotorvrag van meer as 2,3 ton se bevrore baber en stokvis is op 10 Junie 2022 by die Vioolsdrift-grenspos gekonfiskeer met ’n geraamde waarde van R2,5 miljoen.

Die vis is aan die eienaar teruggegee en hy is met R5000-00 beboet omdat hy nie al die vereiste dokumente getoon het nie.

Op 11 Junie 2022 is 120 baber ook gekonfiskeer en ‘n boete is uitgereik.

“Die operasie is afgesluit met ‘n assimilasie wat die vermoëns van die SAPD ten toon stel wanneer hulle polisiëring en reageer op mariene verwante misdade wat op see gepleeg is. Die Noord-Kaap Soek-en-reddingseenheid het ook die geleentheid gehad om sy nuut verkrygende 7,5 Ballistiese SAPD-vaartuig in die water te lanseer” het Gamieldien gesê.

Die waarnemende Adjunk-Provinsiale Kommissaris vir Polisiëring, Brig. van Rensburg het sy dankbaarheid en waardering teenoor alle SAPD-eenhede, eksterne departemente en wetstoepassingsagentskappe uitgespreek vir die kollektiewe ontwrigtende aksies en aktiwiteite wat uitgevoer en uitgevoer is in ‘n poging om die seelewe te polisieer en te beskerm. 

Bernadine Hearn

Related post