Die premier van die Noord-Kaap, dr Zamani Saul, het Saterdag die Vryheidsdagvieringe in Keimoes in die ZF Mgcawu-distrik gelei onder die tema, “30 jaar van demokrasie, vennootskap en groei.”

Hierdie Vryheidsdag was gevier vir die vordering wat oor die afgelope drie dekades van die demokratiese reis gemaak het.

“Ons eer ook die opofferings van onbesonge helde en heldinne wat geveg het vir ons vryheid en ‘n nasie wat werklik demokraties, gelykheid, verteenwoordigend, regverdig en vry van alle vorme van diskriminasie is.”

Premier Saul het in sy toespraak ‘n pleidooi aan almal gedoen om die suksesse van ons demokrasie te verdedig.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *