Premier Saul vier sy verjaardag deur te terug te gee aan leerders

 Premier Saul vier sy verjaardag deur te terug te gee aan leerders

Foto: Verskaf Dr. Zamani Saul

Die Premier van die Noord-Kaap, Dr Zamani Saul het op Maandag, 07 Maart sewe skole in die Pixley Ka Seme-distrik besoek en skool uniforms, skryfbehoeftes en waardigheidspakkies aan leerders oorhandig.


Die Premier se kantoor het hierdie uitreiking van stapel gestuur met die hulp van die nie-regeringsorganisasie, Gift Of The Givers.


Saul het besoeke afgelê by skole in Colesberg (Laerskool SS Madikane, Laerskool Lowryville, Laerskool Colesberg); Petrusville (Laerskool Petrusville, Laerskool Visisani); Phillipstown (Laerskool Phillipsvale, Laerskool Phillipstown).

Intussen is die Premier vasbeslote om korrupsie in munisipaliteite regoor die provinsie hok te slaan.

Hy het aangekondig dat die provinsiale regering dit hulle prioriteit sal maak om onetiese praktyke te hanteer en uit sal roei.


Die provinsiale regering het met onder meer die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) en die Valke saamgespan het om die Plaaslike Regering Anti-Korrupsie Forum van stapel te stuur.

Sy standpunt kom nadat die Valke die afgelope paar maande voormalige en huidige amptenare regoor munisipaliteite en departemente vasgetrek het vir bedrog en korrupsie ten bedrae van miljoene rande.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Related post