Op Maandag, 28 Julie 2025, sal daar ’n uitsonderlike een-uur rondetafelonderhoud plaasvind op Radio NFM.

Die rondetafelonderhoud sal plaasvind met die topbestuur van Vedanta Zinc International (VZI).

Hierdie spesiale regstreekse uitsending, wat tussen 16:30 en 17:30 op NFM gaan plaasgevind, is ’n unieke geleentheid vir die luisteraar om eerstehands van VZI se leierskap te hoor oor hul planne, prioriteite en die impak van hul werksaamhede in die streek.

Die leierskap sluit in; Vijay Kumar, Adjunk-uitvoerende hoof, Raylene Van Wyk, Hoof van Menslike Hulpbronne, Neville Basson, Hoof van Belanghebbende Verhoudinge en Chris Fortuin, Bestuurder van Maatskaplike Belegging

Tydens die onderhoud gaan die leierskap van VZI belangrike insigte deel oor wat tans by Black Mountain Myn aan die gang is.

Onderwerpe wat bespreek gaan word sluit in werkskepping, gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe, strategiese Menslike Hulpbron -fokusareas, maatskaplike belegging en die maatskappy se vooruitsigte vir groei in die Namakwalandstreek.

Die onderhoud vorm deel van VZI se voortgesette pogings om op ’n oop en inklusiewe wyse met gemeenskappe te kommunikeer.

Die gesprek bou voort op die maatskappy se interaktiewe sessies oor die afgelope twee weke en bereik nou ‘n groter gehoor deur middel van die radio.

Luisteraars gaan die geleentheid het om kennis te maak met die nuut-aangestelde CHRO (Chief Human Resources Officer), en om vir die heel eerste keer op die lug van Adjunk- uitvoerende hoof Vijay Kumar self te hoor.

Deur hierdie platform bevestig VZI hul verbintenis tot deursigtigheid, vennootskap en volhoubare ontwikkeling, en hul bereidwilligheid om sáám met die mense van Namakwaland ’n beter toekoms te bou.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *