Vedanta Zinc International het sowat R600 000 belê vir die installering van ‘n Radioseinsender in die Khâi-Ma munisipale area vir die gemeenskapsradiostasie wat die Namakwa-distrik bedien, Radio NFM.
Hierdie inisiatief verseker dat NFM se reikwydte na alle gemeenskappe in die Khâi-Ma munisipale area strek, wat noodsaaklike myn- en gemeenskapskommunikasie fasiliteer.
“Dit is vir ons aangenaam om te deel dat die sein amptelik geaktiveer is en Sondag, 21 April 2024 regstreeks gegaan het,” het die mynreus gesê.
