Die burgemeester van die Richtersveld Munisipaliteit, raadslid Cornell Knoph, het Woensdag saam met die speaker, raadslid Marlene Fredericks, en raadslid Maria Obies met amptenare van die |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrenspark by Sendelingsdrift vergader om samewerking tussen die partye te versterk.

Tydens die vergadering het die park se beampte vir Maatskaplike Ekonomiese Transformasie, Aletta Links, en die bestuurder van Gasvryheidsdienste, Briston Adams, terugvoering gegee oor projekte wat gedurende die eerste kwartaal van die boekjaar voltooi is.

Hulle het ook die beplande projekte vir die tweede kwartaal uiteengesit.

SANParke het sy verbintenis herbevestig om die Richtersveld Munisipaliteit se gemeenskapskoonmaakveldtogte te ondersteun.

Volgens die rolspelers weerspieël die samewerking ‘n gesamentlike strewe om die omgewing te beskerm en skoner, gesonder gemeenskappe in die Richtersveld te bevorder.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *