Rietfontein man skuldig bevind vir die moord op sy meisie

 Rietfontein man skuldig bevind vir die moord op sy meisie

https://why-me.org/2020/what-can-we-do-about-the-international-backlog-of-court-cases/

’n 30-jarige man, Elrico Coetzee is skuldig bevind aan die moord op sy meisie, Petronice Vilander (18) op 31 Mei 2022.

“Op 1 Julie 2021 was die egpaar saam toe ‘n argument tussen hulle ontstaan het en Elrico het die oorledene met ‘n mes in haar nek gesteek. Die nooddienste het haar op die toneel dood verklaar,” het Adjudant-offisier Omphile Masegela gesê.

Die streekhof van Upington het Elrico Coetzee tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis en hy is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die waarnemende stasiebevelvoerder van Rietfontein Adjudant-offisier Mthuthuzeli Block het konstabel Sam Devenish geloof vir die noukeurige ondersoek van die wat gelei het tot die aanhouding van die beskuldigde

Bernadine Hearn

Related post