Manne gearresteer vir die besit van vetplante

 Manne gearresteer vir die besit van vetplante

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Op Dinsdag, 14 Junie 2022 omstreeks 04:30 is vier mans in Kuruman gearresteer vir die besit van beskermde spesies (vetplante) met die geraamde waarde van R3,5 miljoen.

“Na ‘n wenk het Kuruman Veediefstaleenheid lede met die hulp van Kuruman Buurtwag en Rhino-sekuriteit die vier verdagtes op N14 wat in ‘n bakkie en ‘n vragmotor gery het, suksesvol onderskep,” het polisiewoordvoerder Kaptein Mosimaneotsile Letsapa gesê.

Die vier is in hegtenis geneem omdat hulle in besit van beskermde vetplante gevind is.

Die saak is aan die Valke SOCI oorhandig vir verdere ondersoek.

Die verdagtes sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn.

Letsapa sê dat die JTG waarnemende distriksbevelvoerder, Brigadier Johnny Besnaar het Kuruman Buurtwag en Rhino-sekuriteit toegejuig omdat hulle hand aan hand met die polisie gewerk het in die bekamping van misdaad en het ook die Kuruman-veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid geloof vir die uitstekende werk.

Bernadine Hearn

Related post