Rype, goue genade jare vir Losper

 Rype, goue genade jare vir Losper

Foto: Verskaf Ouma Gladys saam met haar ontslape eggenoot

Wie kon dink in vandag se lewe dat ‘n huwelik kan 63 seisoene oorleef en al wat die paartjie kon skei was die dood?

Op 12 Julie word die 87ste verjaardag van ouma Gladys Maude Losper woonagtig op Okiep gevier.

Uit haar huwelik met haar oorlede man was 8 kinders gebore, waarvan een haar as baba ontval het, 12 kleinkinders en 14 agterkleinkinders.

Haar seuns was, waarvan een nou die raadslid van Okiep is wat ook uit die onderwys kom.

Voorheen was Josua die Uitvoerende Burgemeester vir die Namakwa-distrik .

Nog ‘n seun, Leonard Losper was veertig jaar in die onderwys en die ander een, Melvin Losper is nou skoolhoof op Atlantis, waarvan nog een, Stephan, by die Waterraad, Sedibeng gewerk het en het onlangs afgetree.

Glenda, is ‘n admin tegnies, Esmè en Charline was kleremaaksters, maar laasgenoemde pas haar ma nou op.

Ouma Gladys is die ouma na wie toe kan gegaan raak, want dit is baie gemaklik om met haar te kan praat oor wat pla.

Daar is soveel wysheid in haar en sy sal nie terug hou om jou te vermaan nie, vertel haar kleindogter aan Nfm nuus.

Daarby is sy ‘n diep humoristiese mens en die kinders en kleinkinders kyk nog uit wie dit by hul ouma gaan erf.

Vir haar rype ouderdom is sy  baie oplettend en sal altyd praat oor wat sy raak gesien het.

Haar liefde om na die huis van die Here te gaan het haar nie, selfs op haar groot ouderdom, daarvan af weg gehou, al het sy staan-staan daarheen gegaan, maar nou word sy deur Eerwaarde Titus van die St. Augustine Kerk, by die huis die Woord en nagmaal bedien.

Sy sien vreeslik daarna uit  as sy by die huis bedien word. 

Bernadine Hearn

Related post