Noord-Kaap bied belegging seminaar aan

 Noord-Kaap bied belegging seminaar aan

Foto: Verskaf

Die Premier Dr. Zamani Saul sal namens die Noord-Kaapse Provinsiale Regering saam met die Adjunk-minister van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Mnr Alvin Botes, ‘n belegging seminaar aanbied wat onder die tema gehou sal word: Bou die blokke saam met ons vennote vir ekonomiese transformasie en insluiting gebaseer op vennootskappe en streek samewerking.

Onder die deelnemers aan hierdie seminaar is buitelandse diplomate wat by die Vereniging van Suidoos-Asiatiese Nasies (ASEAN) geaffilieer is.

Hierdie seminaar, wat ‘n eerste vir die land is, sal onder meer as ‘n platform gebruik word om die provinsiale regering, die sakegemeenskap, munisipaliteite, akademici, studente en burgerlike organisasies aan te moedig om die geleenthede wat deur hierdie verhouding met Asiatiese nasies geskep word, aan te gryp om beleggings lok.

Premier Saul was gasheer vir die ASEAN-afvaardiging voor die seminaar, in sy insette het hy die teenwoordigheid van die ASEAN Pretoria-komitee waardeer wat ‘n groot belangstelling in ons pragtige provinsie getoon het.

Ons sal as die Provinsiale Regering hierdie geleentheid gebruik om te verseker dat ons voortgaan om die Noorde as die nommer 1 beleggingsbestemming te bemark.

Bernadine Hearn

Related post