Die South African Local Government Association (SALGA) in die Noord-Kaap het Dinsdag, 24 Februarie 2026, sy gegroepeerde stel Provinsiale Werkgroepe in die Richtersveld Plaaslike Munisipalitiet in Port Nolloth afgeskop.

Die Provinsiale Werkgroepe dien as ’n belangrike skakel tussen nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsprioriteite, en vertaal dié doelwitte na die plaaslike konteks.

Dit ondersteun munisipaliteite met die implementering van beleide, raamwerke en strategiese besluite in lyn met SALGA se bestuurstrukture.

Volgens SALGA vorm hierdie sittings deel van die organisasie se mandaat om munisipaliteite te versterk, die profiel van plaaslike regering te verhoog en aktief binne die Interregeringsverhoudinge-stelsel (IGR) deel te neem.

Die byeenkomste is die laaste Provinsiale Werkgroepe vir die 2025/26- finansiële jaar en vind plaas in die aanloop tot die Premier se Staatsrede in die provinsie.

Maandag se fokus was op die Munisipale Vermoëns en Bestuur-kluster, wat drie kernwerkgroepe ingesluit het: Interregerings- en Strategiese Verhoudinge, Munisipale Vermoëns en Institusionele Veerkragtigheid, asook Munisipale Bestuur en Raadslidswelsyn.

Verteenwoordigers van al vyf distriksmunisipaliteite in die provinsie was teenwoordig, naamlik die ZF Mgcawu District Munisipalitiet, Pixley ka Seme Distrik Munisipaliteit, Namakwa Distriksmunisipaliteit, Frances Baard Distrik Munisipaliteit en die John Taolo Gaetsewe Distrik Munisipaliteit.

Die werkgroepe sal na verwagting verdere strategiese rigting gee aan plaaslike regering in die Noord-Kaap vir die nuwe boekjaar.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *