Op Woensdag, 16 Oktober 2024, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in samewerking met verskeie staatsdepartemente ‘n Services on Wheels-uitreikprogram in Okiep bekendgestel.

Hierdie inisiatief het tot doel om noodsaaklike mobiele dienslewering aan die Okiep-gemeenskap te verskaf.

Verskeie staatsdepartemente, insluitend Arbeid, Onderwys, Vervoer, Veiligheid en Skakeling, Korrektiewe Dienste, Binnelandse Sake, Thuthuzela-sorgsentrum, Drankraad, Verkeer, Maatskaplike Ontwikkeling, Nasionale Vervolgingsgesag, en die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, het deelgeneem aan die program om hul dienste te lewer.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder Kolonel Cherelle Ehlers het bevestig dat die inisiatief ondersteun is deur die Namakwa-distrikskommissaris, brigadier Schalk Andrews, sowel as provinsiale hoofde, stasiebevelvoerders, en raadslede van die Namakwa-distriksmunisipaliteit, insluitend raadslid Ritchie Cloete, raadslid Joshua Losper van die Nama Khoi munisipaliteit, en speaker dr. Gustav Bock.

Die fokus van die inisiatief is om noodsaaklike dienste te lewer wat maklik beskikbaar en toeganklik is vir die gemeenskap.

Brigadier Andrews het in sy boodskap die belangrikheid van gemeenskapsdeelname beklemtoon en verseker dat prioriteitsmisdade, soos kontakmisdade en eiendomsverwante misdade, in hoë misdaadgebiede aangespreek sal word.

Ehlers het aangedui dat die Service on Wheels-inisiatief regdeur die distrik uitgerol sal word, met die hoop om die lewenskwaliteit in die gemeenskappe te verbeter.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content