Die Scholarly Network het ‘n tweedaagse suksesvolle loopbaanuitstalling in die Khai Ma Plaaslike Munisipaliteit aangebied.
Maandag, 22 Julie 2024, het afgeskop in Pofadder en geeïndig op Aggeneys 23 Julie 2024.
In totaal het 5 hoërskole regoor die Namakwa- Distrik die ekspo bygewoon, en ‘n getal van 700 leerders het oor die twee dae die uitstalling bygewoon.

Die hoërskole was onder andere Hoërskool Boesmanland, Hoërskool Aggeneys, Aggeneys International Academy, Hoërskool Port Nolloth en Hoërskool Alexanderbaai.
Stacey Bock, organiseerder het haar dankbaarheid op sosiale media uitgespreek teenoor ieder en elk wat ‘n bydra gelewer het tot die sukses van die program.

“Dit was vir my ‘n eer om hierdie geleentheid te organiseer. Ek is so so dankbaar vir al die uitstallers wat albei dae opgedaag het! Aan die borge, die IPP’s in die Khai-Ma area wat hierdie geleenthede moontlik gemaak het! @kaxusolarone @xinasolarone @aggeneyssolar @konkoonsiessolarplant dankie dat julle TSN toevertrou om hierdie dae in die Khai Ma area te organiseer, ” het Bock gesê.

Bock het bygevoeg dat sy sien daarna uit om die volgende loopbaanuitstalling wat in die komende jaar gaan plaasvind.
Die studente is blootgestel aan verskillende tersiêre instellings, sake-eienaars en nie-regerings organisasies.
Die graad 8 leerders het hul uitslae van hul psigometriese toets ontvang wat hulle meer inligting oor hul persoonlikheidstipe en vaardighede kon gee.
Dit help hul ook om ingeligte besluite te maak ten opsigte van hul toekomstige loopbane.

