Ses vedagtes vasgetrek en agter tralies gesit

 Ses vedagtes vasgetrek en agter tralies gesit

https://www.townshipnews.co.za/wp-content/uploads/2021/10/13303695_web1_000000-TUK-court-gavel-tsr.jpg

Die Noord-Kaapse speurders vir georganiseerde misdaad, bygestaan deur Kimberley Flying SquadKimberley K9 Unit en Warrenton sigbare polisielede, het ‘n moontlike gewapende roof gefnuik en ses verdagtes agter tralies gesit.

Die verdagtes was op ‘n missie om ‘n gewapende roof in Holpan naby Windsorton uit te voer.

Op Saterdag 9 Julie 2022 het die span intelligensie geoperasionaliseer oor ‘n gewapende roof wat beplan is om in Holpan uitgevoer te word.

“Die verdagtes se voertuig is op die Holpan-grondpad onderskep en deursoek. Die verdagtes is in besit gevind van ‘n ongelisensieerde Lawson 9 mm-pistool en ‘n Taurus 38 special. Beide die grys Polo en 2 vuurwapens is gekonfiskeer,” het Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder gesê.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag, 11 Julie 2022 in die Barkley-Wes-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om ‘n roof te pleeg en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Tawana het gesê die Noord-Kaapse waarnemende provinsiale kommissaris vir misdaadopsporing, Brigadier Nicky Mills, het die span geprys dat hulle vinnig opgetree het om die oortreders aan te kla en ook aangedui dat die verspreiding van vuurwapens in die provinsie sterk afgedwing sal word.

Bernadine Hearn

Related post