Oorlog teen dwelms in die Noord-Kaap word al moeiliker om te wen

 Oorlog teen dwelms in die Noord-Kaap word al moeiliker om te wen

https://www.shutterstock.com/search/say-no-to-drugs-poster

Personeel by een sentrum vir verslawingbehandeling in Kimberley meen die oorlog teen dwelms in die Noord-Kaap word al hoe moeiliker om te wen.

Die Agape-verslawingbehandelingsentrum help al vir minstens ses jaar verslaafdes regoor die provinsie met meer jongmense wat slagoffers van dwelmmisbruik is.

Tans is die voorkeurdwelmmiddel vir die meeste verslaafdes in die provinsie Mandrax, Tik en dagga.

Die hoof-uitvoerende beampte van die sentrum, Yusuf Bexter sê kinders so jonk as 12 wend hulle tot die misbruik van dwelms.

Bexter, uitvoerende-hoof van Agape Addiction Treatment Centre, sê: “Tans verloor ons die stryd in die Noord-Kaap na my mening, maar ek dink nie dit is nog so erg nie. Die dwelmhandelaars wil geld maak sodat hulle kinders soek wat hulle kan vashaak, en sodra hierdie persoon verslaaf raak aan dwelms, word sy fokus dan hierdie stof. Julle het organisasies soos ons wat inkom, maar dit is ook baie moeilik, want ons het hulpbronne nodig, ons het finansiering nodig.”

In Maart het Kimberley-inwoners twee buitelandse winkeleienaars uit die stad verjaag, nadat hulle hul winkels deursoek het en na bewering dwelms en ‘n groot bedrag kontant in ‘n kluis gevind het.

Die twee is op ‘n taxi na Johannesburg gesit en beveel om nooit na die stad terug te keer nie.

Lede van ‘n nuutgestigte Operasie Fiela het op winkels rondom die stad toegeslaan op soek na dwelms en onwettige immigrante.

Die klopjagte is uitgevoer na aanleiding van ‘n wenk dat van die koswinkels in die dorp as ‘n front vir dwelmsmous gebruik word.

Twee buitelandse winkeleienaars moes winkel sluit, hul goedere is gekonfiskeer en deure gesluit.

 Hulle is opdrag gegee om nooit weer terug te keer nie.

SABC NEWS

Bernadine Hearn

Related post