Die multidissiplinêre span wat Operasie Vala Umgodi in die Noord-Kaap uitvoer, het op Woensdag, 19 Junie 2024, ses verdagtes vir oortreding van die Wet op Onwettige Mynbou en betreding in hegtenis geneem.

Die span in die Frances Baard-distrik was besig om roetine-sigbare patrollies rondom die ou Colville-mynskag-terreine uit te voer,

Hulle het 5 verdagtes tussen die ouderdomme van 31 en 67 jaar oud wat besig was met beweerde onwettige mynbedrywighede, vasgetrek.

 Die verdagtes is gearresteer en daar is beslag gelê op mynimplemente.

“In die Namakwa-distrik, by die Koingnaas-myn naby Kleinsee, is die Vala Umgodi-span gewaarsku deur mynbeveiliging van ‘n indringer binne die mynperseel. Die span het gereageer en die verdagte in hegtenis geneem,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder, Sersant Timothy Sam gesê.

Alle verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Die polisie in samewerking met alle belanghebbendes sal pogings om onwettige mynbou in die Noord-Kaap uit te roei onvermoeid verskerp.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *