Op Maandag 7 Oktober 2024 het die Fraserburg-speurders ‘n operasie uitgevoer om gesoekte verdagtes op te spoor, wat gelei het tot die inhegtenisneming van drie manlike verdagtes van onderskeidelik 24, 25 en 38 jaar oud vir aanranding (ernstige liggaamlike besering) en oortreding van beskermingsbevele.
Tydens hierdie operasies het die lede inligting opgevolg en ‘n 38-jarige manlike verdagte met beweerde gesteelde vee opgespoor.
Die vleis van ‘n geslagte skaap en ‘n slagtersmes is deur die SAPD-lede gekonfiskeer.
Die drie verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
Die ondersoek duur voort.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content