Die Sprinbok SAPD se Openbare Orde Polisie- en Sigbare Polisiëringseenhede het op twee niksvermoedende dwelmhandelaars toegeslaan en op dwelms ter waarde van ongeveer R113 000-00 beslag gelê.
“Op 22 Junie 2024 omstreeks 14:15 het die SAPD-lede inligting opgevolg en die perseel by 7de Laan, Carolusberg, Springbok deursoek, waar hulle op Dagga, Mandrax en Tik beslag gelê het,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.
Die twee manlike verdagtes is albei 24 jaar oud en is van die handel in dwelms aangekla.
Die polisie het ook beslag gelê op ‘n onbekende bedrag kontant, wat na bewering die opbrengs van die dwelmhandel is.
Die twee manlike verdagtes sal na verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn op aanklag van handel in dwelms.