Die SAPD in Port Nolloth ondersoek tans ’n saak van roekelose dood na ’n noodlottige ongeluk wat Saterdagmiddag, 14 Februarie, omstreeks 13:20 op die R382 tussen Port Nolloth en Alexanderbaai plaasgevind het.
By aankoms op die toneel is bevind dat die bestuurder, ’n 24-jarige buitelander wat in Sandrift woon, aan sy beserings beswyk het. Die presiese oorsaak van die ongeluk vorm deel van die polisie se ondersoek.
Enigeen met inligting word versoek om kontak te maak met Speursersant Mokgothu by 082 495 5292, die SAPD se misdaadstop nommer by 086 001 0111, of die MySaps-app te gebruik. Alle inligting sal vertroulik behandel word.
