Trio agter tralies vir die besit van dagga en gesteelde goedere

 Trio agter tralies vir die besit van dagga en gesteelde goedere

https://en.wikipedia.org/wiki/South_African_Police_Service

Waaksame lede van Prieska Sigbare Polisiëring (Vispol) het drie mans in twee afsonderlike voorvalle vasgetrek.

Op Vrydag, 22 Julie 2022 het lede die drie op twee verskillende plekke tydens roetine-misdaadvoorkomingspatrollies in Prieska opgemerk.

’n 37-jarige is tydens stop en soektogte op straat opgemerk.

“Hy is in besit gevind van 19 ritssluitsakke met kristalmetaal wat 3,94 gram weeg en R396,40 kontant. Die verdagte is gearresteer en aangekla vir die besit van dwelms,” het kaptein Olebogeng Tawana, polisie woordvoerder gesê.

In ‘n afsonderlike voorval is twee verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle in besit gevind is van kruideniersware en elektriese toestelle wat tydens ‘n inbraak by ‘n residensiële perseel in Prieska gesteel is.

Die verdagtes is in besit gevind van ‘n grootmaat varktjops, lamsvleis, satellietdekodeerder insluitend ander elektriese toestelle.

Tawana sê dat die klaer het by die polisiestasie opgedaag en die gevinde items positief uitgeken. Twee mans van 23 en 29 jaar oud is in hegtenis geneem en van huisbraak en diefstal aangekla.

Die verdagtes het na verwagting Maandag, 25 Julie 2022 in die Prieska-landdroshof verskyn.

Bernadine Hearn

Related post