Misdaad in die Namakwa streek is besig om nou hand uit te ruk

 Misdaad in die Namakwa streek is besig om nou hand uit te ruk

Foto: Verskaf – Facebook

Die afgelope naweek was Radio Nfm, gesentreer in die hoofstraat van Okiep, die teiken van misdadige aktiwiteite.

Die geweld op Okiep en ander dorpies in en om die Namakwa-distrik is besig om hand uit te ruk.

Gemeenskapslede vrees vir hul lewens, want die vraag kom op, “Wanneer gaan ek die teiken van die sogenaamde skollies wees?”

Vroeg Saterdagoggend, 23 Julie 2022, was Radio Nfm se voorruit met ‘n klip gegooi.

Met die video opname van die sekuriteitskameras kan daar gesien word hoe die verdagte eers na die bakkie van Nfm gegaan het en deur die regter voorruit geloer het.

Kort daarna het hy oor die “ramp” se muurtjie gespring en die klip na die voorruit gegooi en weg gehardloop.Hy was later deur die polisie gearresteer.

In ‘n ander insident was een van Nfm se tegniese beamptes deur drie “laaities” agter die Anglikaanse kerk voor gekeur.

“Wat het jy daarin jou sak,” het hulle hom gevra.

Hy het die een aan die nek beet gehad, waarvan die ander twee probeer het om sy rugsak van sy rug af te haal.

Die ander een wat hy aan sy nek beet gehad het, het later trane in sy oë gehad.

Die drie laaities se plan het misluk om sy rugsak af te vat.

Hulle het hom toe laat gaan en hy het sy noue ontkoming met die nuusspan op Maandag gedeel.

Hy het nie die polisie ontbied nie.

Al hoe meer kom dit onder die nuusspan van Nfm se aandag dat die misdadige aktiwiteite besig is om hand uit te ruk.

Radio Nfm nuusspan gaan hul aandag toespits op diè aktiwiteite en die nodige rolspelers in te bring, vir moontlike oplossings om die geweld stop te stip, wat die onderskeie gemeenskappe so terroriseer.

Sunè Cloete

Related post