Carnarvon duo skuldig bevind vir verkragting

 Carnarvon duo skuldig bevind vir verkragting

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD Sersant Floris Fritz

Twee neefs, Ricardo Jooste (20) en Niklaas Jooste (23) is albei onlangs in die Carnarvon-streekhof vir verkragting gevonnis.

Op 3 Maart 2020 het die 20-jarige vroulike klaagster by die huis van een van die beskuldigdes op Carnarvon gekuier.

“Nadat hy alkohol gedrink het, het die slagoffer gaan slaap en die volgende oggend wakker geword en ontdek sy is verkrag. Die beskuldigdes is gearresteer en het hul eerste hofverskyning op 5 Maart 2020 gehad,” het woordvoerder vir die polisie Luitenant-Kolonel Sergio Kock gesê.

Beide is borgtog geweier en albei beskuldigdes is met DNS verbind. Ricardo en Niklaas het skuld beken en is op 7 Junie 2022 tot 8 jaar gevonnis vir verkragting.

Die waarnemende provinsiale kommissaris vir misdaadopsporing, Brigadier Nicky Mills het Sersant Floris Fritz van Carnavon se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe geloof vir sy uitstekende ondersoekwerk wat tot hierdie uitstaande vonnis gelei het. 

Bernadine Hearn

Related post