In ‘n blyk van solidariteit en toewyding aan die inwoners van die Namakwa- Distrik, het die Uitvoerende Burgemeester, saam met mede-raadslede, verskeie gebiede besoek wat erg deur die onlangse krisis geraak is.
Die burgemeester het ‘n toegewyde span gelei, deeglike asseserings gedoen, geaffekteerde gesinne persoonlik besoek en broodnodige ondersteuning verskaf.
Hierdie humanitêre poging, moontlik gemaak deur die samewerking tussen Namakwa Distriksmunisipaliteit, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, en die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA), het die verspreiding van komberse, kospakkies en waardigheidspakkies aan behoeftiges meegebring.
“Saam staan ons verenig en verseker dat niemand agterbly in hierdie uitdagende tye nie,” het Namakwa Distriksmunisipaliteit gesê.




