Foto:Verskaf

Sedert Maandag (08/07/2024) worstel Sutherland met ontwrigtende sneeuval, wat dit vir inwoners moeilik maak om hul daaglikse take te kan verrig.

‘n Inwoner het verduidelik dat sommige noodsaaklike werkers nie aan produksie kon deelneem nie, wat gelei het dat die person nie sy loon kon verdien, weens die weerstoestande.

Tans ondervind die gebied winde wat tot 65 km/h ruk.

Sneeu plus minus 1m dik voor inwoner se deur

 

Inwoners kan verwag dat reën tot in die laat nagure sal voortduur, gepaardgaande met ‘n lae temperatuur van 2°C.

Die swaar sneeuval het ook ontwrigtings in die verkeer veroorsaak, en aansienlike skade aan informele nedersettings en infrastrukture verrig.

Sutherland het spesifiek skade aan twee van sy kragpale ondervind, wat gelei het tot elektrisiteitsverlies en onderbreking in watertoevoer.

Volgens die inwoner het inkopies ook ’n moeilike taak geword weens kitsbanke wat in sneeukomberse toegedraai is en elektroniese betalings onmoontlik is weens kragonderbrekings wat die netwerk raak.

Die inwoner merk ook op dat die sneeu ‘n positiewe impak op Sutherland gehad het omdat dit dikwels toeriste lok, wat goed is vir besighede.

Foto:Verskaf

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *