Die het LUR Bentley Vass het Namakwa Provinsiale Verkeersbeamptes en die Hantam SAPD ontmoet en gegroet.
LUR vir Samewerkende Regering Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake; en Vervoer, Veiligheid en Skakeling, mnr. Bentley Vass het die Provinsiale Verkeerstasie in die Hantam Plaaslike Munisipale area besoek asook lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens by die Calvinia Polisiestasie.
Die doel van die besoek was om die amptenare te ontmoet en te groet en om lig te werp aan die pogings wat die regering aanwend om die werksomstandighede van die amptenare te verbeter.








