Vedanta Zinc International sal voortgaan om jeug te ondersteun en ontwikkel deur verskeie inisiatiewe en programme, rig hulle die kollig op sportontwikkeling.

Om sport in die Namakwa-distrik te bevorder en te ondersteun, is Black Mountain Mine sedert 2019 in vennootskap met die Namakwa-raad.

“Netbal was nog altyd vir my ‘n passie en het my deur baie uitdagings gehelp. Ek is trots om ‘n lid te wees van BMM Netbalspan. BMM het ons span op verskeie maniere ondersteun, of dit nou deur vervoer of die borg van netbalstelle is. Hulle maak dit vir ons moontlik om aktief deel te neem aan nit net Namakwa Netbal liga, maar ander geleenthede buite of ons area. Dit skep geleentheid vir groei en betekenisvolle ontwikkeling van ons span,” het Mauchill April van BMM Netbalklub se speler gesê.

Hierdie borgskap ondersteun al die kodes en atlete om talent te bevorder, sport te administreer, te ondersteun en te koördineer onder 222 geregistreerde sportklubs wat 15 050 atlete verteenwoordig, insluitend jeug in sport.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content