Veiligheid is persoonlik, dit leef in elke besluit wat Vedanta Zinc International (VZI) neem, elke aksie wat die myn neem, elke dag en in elke oomblik.
Op 2 April neem VZI ’n oomblik om hulle weer tot veiligheid te verbind.
“Ons besin oor hoekom dit saak maak, vir wie dit saak maak, en die verantwoordelikheid wat elkeen van ons dra,” het die mynreus gesê.
Terwyl VZI sy Jaarlikse Veiligheidsdag vier, doen hulle dit onder die tema: “Veiligheid Behoort Aan My.”
“Want elke keuse wat ek maak, beskerm my lewe, my kollegas en die mense wat by die huis vir my wag.”
