In November 2023 het Vedanta Zinc International (VZI) begin met hul “Adopt-A-Vehicle”-veldtog waar Black Mountain Mine Complex (BMC) in vennootskap met die sakevennote daartoe verbind het om die Khâi-Ma Munisipaliteit by te staan met die instandhouding van hul vloot.

VZI se vennootskap met die Khâi-Ma Munisipaliteit en hul sakevennote is die sleutel tot die instandhouding van ‘n volhoubare omgewing waar gemeenskappe kan floreer.

VZI is trots op Afriline wat die munisipaliteit se rioolvragmotor ‘aangeneem’ het en meer as R85 000 vir die herstelwerk belê het.

Hulle het onlangs die vragmotor aan die munisipaliteit oorhandig vir Veilige dienslewering in die omgewing.

John Reed, Afriline se kontraktebestuurder en uitvoerende hoof het gesê: “Afriline is trots daarop om die plaaslike gemeenskappe waarin ons bevoorreg is om te werk te belê, te ondersteun en op te hef. Ons streef daarna om lang stabiele werksgeleenthede vir ons plaaslike personeel en plaaslike ondernemings te bou so prakties moontlik.”

“BMC prys Afriline vir hul vinnige optrede met die herstelwerk en hul toewyding om met ons saam te werk om ons gasheergemeenskappe te transformeer vir die groter voordeel!”

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *