Die Khâi- Mai Munisipaliteit onder leiding van die burgemeester Estella Cloete het gister (26 Januarie 2024) met belanghebbendes vergader onder andere Coghsta, Vaal Central Water en Vedanta Zinc International.
Die doel van die vergadering is om ‘n gemeenskaplike oplossing te vind vir die huidige wateruitdagings wat Pella raak.
In die vergadering is ‘n onderneming aangegaan om waterhouers aan die geaffekteerde hoogliggende gebiede beskikbaar te stel vir die intermediêre, terwyl ‘n permanente oplossing gesoek word.
Daar is verder besluit dat ‘n tegniese taakspan saamgestel sal word, met tegniese kundiges van alle betrokke belanghebbendes om advies te gee en te help om ‘n langtermynoplossing vir die probleem te vind.
Die beginpunt vir die taakspan sal ‘n ontleding wees van huidige munisipale infrastruktuur teen die groeiende vraag na water.
Die resultate sowel as aanbevelings sal met die Munisipaliteit gedeel word.
Die Span sal die Munisipaliteit onmiddellik bystaan om watervoorsieningsuitdagings te hanteer; saam te werk aan waterbesparingsveldtogte en gemeenskappe te mobiliseer om water te bespaar en laastens, kommunikeer met alle belanghebbendes en lede van die publiek te versterk ten einde inwoners beter en doeltreffend te dien.
“Die Munisipaliteit wil ‘n beroep op inwoners doen om water te bespaar en om waterlekke in hul huise reg te maak en dit in hul netstelsel aan te meld by die munisipaliteit.”
Inwoners word verder aangemoedig om onwettige wateraansluitings aan te meld.
’n Gemeenskapsvergadering sal in die loop van volgende week gehou word.
Die datum en tyd sal vooraf gekommunikeer word.