‘n Tronkstraf van 20 jaar is aan die 46 jarige Henrie Ponie opgelê vir die verkragting van ‘n 7-jarige meisie in Hopetown.

Op 02 Augustus 2022 omstreeks 19:30 het die slagoffer saam met vriende in die erf gespeel toe die beskuldigde haar in ‘n veld naby Goutrou, Hopetown, gegryp en gewelddadig verkrag het.

Luitenant Kolonel Sergio Kock, Noord- Kaapse polisiewoordvoerder het in ‘n verklaring gesê dat die beskuldigde is gesteur deur gemeenskapslede wat tot die meisie se redding gekom het, en hy het van die toneel gevlug, maar is later in hegtenis geneem.

Hy is op 24 Julie 2024 in die Hopetown-streekhof tot 20 jaar direkte gevangenisstraf vir verkragting gevonnis.

“Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam moet in die Nasionale Register vir Seksoortreders geregistreer word,” het Kock gesê.

Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het die ondersoekbeampte, speursersant Frans Louw van die Hopetown-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe geloof vir sy uitstekende ondersoekwerk wat die aanhouding van die oortreder van hierdie gruwelike Geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord-misdryf verseker het.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content