Operasie Vala Umgodi, gaan voort met verhoogde sigbaarheid by geïdentifiseerde mynskagte en stortingsterreine in Namakwa- en Frances Baard-distrikte in die Noord-Kaap.
Die multidissiplinêre spanne bestaande uit die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en die Departement van Binnelandse Sake Immigrasiedienste het 9 verdagtes gearresteer vir betreding, onwettige mynbou en oortreding van die Immigrasiewet tydens operasies wat op Dinsdag, (23/07/2024) plaasgevind het.
Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam het in ‘n verklaring gesê dat die span in die Frances Baard-distrik 3 (drie) ongedokumenteerde immigrante in Colville-mynhope aangekeer het en op 2 onwettige mynwerkers in die Samaria- informele nedersetting in Kimberley toegeslaan.
In die Namakwa-distrik het die span 3 ongedokumenteerde immigrante aangekeer en 1 verdagte vir betreding gearresteer.
“Die span het verder die Kamieskroon-polisie bygestaan om ‘n veediefstalverdagte op te spoor wat by die bergagtige grotte van Kamieskroon weggekruip het,” het Sam gesê.
Die span het ‘n skaapkarkas, die verdagte se klere en kookgerei gevind.
Die spanne het beslag gelê op talle mynimplemente wat glo in die pleging van onwettige mynmisdrywe gebruik word.
Ongedokumenteerde verdagtes word aangehou deur die amptenare van die departement van binnelandse sake se immigrasiedienste om verwerk en geverifieer te word voordat hulle formeel aangekla en aan die hof voorgelê word vir deportasie.
Sam het gesê dat die polisie sal deur Operasie Vala Umgodi voortgaan met die verwydering van die onmiddellike dreigemente wat deur ongedokumenteerde immigrante en onwettige mynwerkers ingehou word deur die verkryging van deportasiebevele van die howe.
As jy iets sien, SÊ iets.
Rapporteer onwettige mynbou by die SAPD Crime Stop 08600 10111.




