As deel van die Suid- Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se voortdurende pogings om kwesbare lede van die gemeenskap te ondersteun, het die SAPD innoverende programme van stapel gestuur.
Die programme is ontwerp om jong oortreders te help om hul uitdagings te oorkom en positiewe veranderinge in hul lewens te maak.
Upington SAPD was een van die stasies wat geïdentifiseer is om ‘n program te hê met kinders wat in stryd is met die wet.
Dit vorm deel van die regering se poging om misdaad te minimaliseer deur identifikasie en bystand te bied tydens die proses van regstelling.
“Daar is 9 jongmense geïdentifiseer, geprofileer en sal met noodsaaklike belanghebbendes in gesprek tree om strategiese vennootskap te bou as ‘n beter hulpmiddel om gemeenskaplike uitdagings aan te spreek en te verseker dat hulle nie herhaalde oortreders word nie,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Adjudant offisier Omphile Masegela gesê.
Die eerste fase van die program is afgehandel, en hulle begin nou gemeenskapsdienste doen, misdaadvoorkomingsbewustheid, en sal deurlopend in gesprek wees met die polisie en ander belanghebbendes.
Die rede daarvoor is om hul tekortkominge aan te spreek en te help om hul toekoms ten goede te verander.
Masegela het gesê dat sedert die aanvang van die program het hulle deelgeneem aan sopkombuise vir straatbewoners, kinderbeskermingsprojekte en sal meer betrokke wees by aktiwiteite saam met die Geestelike en Jeugmisdaadvoorkomingstoonbank.
