Verdagte vasgekeer met dagga

 Verdagte vasgekeer met dagga

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

‘n Lesotho-burger is vroeër hierdie week deur die Douglas polisie in hegtenis geneem, nadat hy in besit van dagga gevind was.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana het gesê die polisie het op ‘n wenk gereaggeer oor ‘n taxi wat vermoedelik dagga vervoer.

Die taxi was van Kimberley onderweg na Douglas.

Die polisie het ‘n span saamgestel en ‘n padblokkade tussen Kimberley en douglas ingestel.

Die taxi is voorgekeer en deursoek en die polisie het 5.476 kg saamgeperste dagga in ‘n sak gevind en gekonfiskeer.

Die eienaar van die sak is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Douglas landroshof verskyn.

Bernadine Hearn

Related post