Prieska-polisie boei twee inbrekers

 Prieska-polisie boei twee inbrekers

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Twee verdagtes van onderskeidelik 22 en 36 is agter tralies nadat hulle op Sondag, 13 Maart 2022 deur die polisie op Prieska in die Noord-Kaap in hegtenis geneem is.

‘n Woorvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, het gesê dat die twee in besit gevind was van vermoedelik gesteelde eiendom.

“Die eiendom is uit vier verskillende wonings op Prieska by die polisie as gesteel aangemeld”, sê Tawana.

Die twee het na bewering amok gemaak en by huise in Prieska ingebreek en verskeie items gesteel.

“Die polisie het die verdagtes betrap in besit van elektriese toestelle, rekenaars, klere, kruideniersware, sigarette en drank wat deur vier klaers as gesteel aangemeld is,” het Tawana gesê.

Die klaers is verwittig en hulle het hul eiendom positief uitgeken.

Die verdagtes het Woensdag, 16 Maart 2022 in die Prieska-landdroshof verskyn op ‘n klagtes van huisbraak.

Bernadine Hearn

Related post