Die Suid- Afrikaanse Polisiediens Namakwa-distriksbestuur verwelkom die agt jaar tronkstraf wat onlangs in die Springbok-landdroshof aan twee stropers opgelê is.
Die 28 jarige Benedict Beukes en die 30 jarige Quinton Steenkamp is 01 Desember 2020 deur die Springbok Veediefstal- en Bedreigde Spesie-eenheid(STESU) gearresteer.
“Die twee is op die N7 naby Springbok in hegtenis geneem toe hulle in besit gevind is van Conophytum Pellucidum- en Conophytum Pagea-plante ter waarde van sowat R100 000-00,” het polisiewoordvoerder luitenant kolonel Sergio Kock gesê.
Die beskuldigdes het op 22 Februarie 2022 skuldig gepleit op ‘n aanklag van handel in beskermde plante en is op Vrydag tot agt (8) jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan twee jaar opgeskort is.
