Verkragter 20 jaar vonnis opgelê

 Verkragter 20 jaar vonnis opgelê

Foto: Verskaf @ Ondersoekbemapte, konstabel Pako Bele

Morris Mmusi (26) is Maandag, 09 Mei 2022, deur die Olifantshoek-streekhof skuldig bevind op ‘n aanklag van verkragting en tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Op 18 April 2016 het die beskuldigde die 12-jarige vroulike slagoffer wat in die geselskap van haar drie vriende was, verkrag.

Kaptein Olebogeng Tawana, woordvoerder vir die polisie, het bevestig dat die voorval het in die veld in Olifantshoek gebeur nadat die beskuldigde die slagoffer saam met haar drie vriende met ‘n mes aangeval en gedwing het om haar uit te trek.

Die drie vriende van die slagoffer het daarin geslaag om die beproewing vry te spring, en het gevlug terwyl die beskuldigde besig was om die slagoffer te verkrag.

Die beskuldigde het toe van die toneel gevlug nadat hy die slagoffer verkrag het.

Die vriende van die slagoffer het ‘n verbyganger in kennis gestel en hulle na die polisiestasie begelei.

“Die ondersoekbeampte, konstabel Pako Bele, van die Kathu FCS-eenheid is aangewys om die saak te ondersoek en het bewyse ingesamel, insluitend DNS, waarvan die resultate die beskuldigde positief verbind het met die misdaadtoneel en die verkragtingsaak en die 12-jarige slagoffer,” het Tawana gesê.

Die beskuldigde is op 25 Januarie 2017 aangekeer en gearresteer en borgtog geweier.

Hy het in polisie-aanhouding gebly tot die afhandeling van die verhoor.

Tawana het gesê dat Brigadier Nicky Mills, die provinsiale hoof van die FCS-eenhede in die Noord-Kaap, het die ondersoekbeampte geprys vir uitstekende ondersoekwerk, en dat hy in sinergie met die Nasionale Vervolgingsgesag en Departement van Justisie gewerk het.

Die Olifantshoek-streekhof het die beskuldigde onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit, en beveel dat sy naam in die Nasionale Register vir Seksoortreders aangeteken word.

Bernadine Hearn

Related post