Man in hegtenis vir die besit van dwelms

 Man in hegtenis vir die besit van dwelms

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Op Sondag, 08 Mei 2022 omstreeks 17h30, is ‘n manlike persoon van 38 jaar deur Kaptein Senoge van die Kimberley Misdaadvoorkomingseenheid gearresteer.

Kaptein Senoge was aan diens besig om misdaadvoorkomingspligte in Schmidsdriftweg uit te voer, toe hy ‘n onbekende manspersoon by die Griekwastad-stapplek opgemerk het.

“Die manspersoon het ‘n swart plastieksak gedra en toe die beampte hom deursoek het, het die beampte 80 tablette gevind wat vermoedelik Mandrax was. Hy is gearresteer en aangehou vir die besit van vermoedelik Mandrax met ‘n geraamde waarde van R4 000,” het Sersant Dikeledi Gopane, woordvoerder van die polisie gesê.

Die verdagte sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Bernadine Hearn

Related post