Vier skuldig bevind aan stropery van vetplante in |Ai|Ai/Richtersveld-oorgrenspark

 Vier skuldig bevind aan stropery van vetplante in |Ai|Ai/Richtersveld-oorgrenspark

Prison Cell Bars – Black and White

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het die skuldigbevinding van vier stropers in die |Ai|Ais/Richtersveld-oorgrenspark (ARTP) verwelkom.

Lede van die Ranger Corp, was bygestaan ​​deur die botaniese span en Suid-Afrikaanse Polisiediens toe die arrestasie van die vetplantstropers, wat bedreigde “Halfmens”-bome binne die ARTP probeer steel het.

Volgens SANParke se Streekshoofbestuurder, Lucius Moolman, “is die vier verdagtes op Donderdag, 21 April 2022, tot sewe jaar tronkstraf gevonnis en skuldig bevind.

Die verwydering en permanente skade van 14 Pachypodium namaquanum-plante is een van die ergste gevalle in die geskiedenis van die Richtersveld Nasionale Park, weens die beduidende kulturele, toerisme en natuurlike waarde van die plante.

Weens die sensitiwiteit van die spesies sal hulle nie in hul natuurlike habitat gerehabiliteer kan word nie, en dit sal ’n negatiewe impak op die spesifieke bevolking hê.”

Die spesies is van groot waarde, en word beskou as ‘n waardevolle bate vir die ARTP, wat die enigste nasionale park in Suid-Afrika is waar die spesies bewaar word.

Alle plante in die Noord-Kaap Provinsie word beskerm en ‘n permit is nodig om hierdie plante te verwyder, te vervoer of te besit.

Die Richtersveld Nasionale Park (deel van die ARTP) is ‘n kontraktuele park wat gesamentlik deur die plaaslike gemeenskapsraad, genaamd die ‘RGBK’ en SANParke bestuur word.

Dit is die enigste nasionale park waar die gemeenskap toegelaat word om binne ‘n nasionale park te woon en te boer.

Moolman het afgesluit en gesê hy verwelkom die skuldigbevinding en “SANParke beskou die stropery van vetplante as ‘n ernstige oortreding en sal nie hierdie tipe stropery van lede van die publiek duld nie. Ons sal nie rus totdat elke verdagte skuldig bevind is en die stropery gestaak is nie.”

Bernadine Hearn

Related post