Op Maandag 27 Mei 2024 het duisende Suid Afrikaners hul burgerlike plig nagekom deur hul spesiale stem in die nasionale en provinsiale verkiesings uit te bring.
Die atmosfeer was kalm en vreedsaam in die Namakwa Distrik, en die proses het glad verloop, alhoewel daar sporadiese tye van stadige vordering was.
Die verkiesingsbeamptes was vriendelik en behulpsaam, en het gemeenskapslede mooi deur die proses gehelp.
Die opkoms en teenwoordigheid van politieke partye was bemoedigend en het getoon hoe belangrik hierdie verkiesing vir almal is.
Altesaam was dit ‘n positiewe en veilige ervaring, met min tot geen voorvalle van ontwrigting.
